Search
  • Izienne Grib

God se blueprint vir jou huwelik - Deel 3

Updated: Jun 8, 2019

Die Wenresep

Bestanddele

Dié Drie-Enige God

1 x Man

1 x Vrou

‘n Heilige Verbond


Hierdie resep lewer ‘n gesonde, lewendige huwelik tot die verheerliking van God. ‘n Huwelik waarin beide partye God sal ervaar en uitbeeld aan die wêreld. Dit lewer ‘n nageslag wat God sal eer.



In Deel 1 van hierdie reeks het ons geleer dat God se ontwerp vir die huwelik dien as ‘n handleiding vir getroudes. Riglyne vir ‘n man en ‘n vrou om hul huwelik te vorm en te laat groei soos God dit in sy geestesoog gesien het.


In Deel 2 het ons ‘n bietjie terug gestaan, en gekyk wat die doel van die huwelik is. Hoekom het God dit nou in die eerste plek geskep? Ons het gesien die huwelik is ingestel sodat:


  • Ons maats en helpers vir mekaar sal wees

  • Om God te verteenwoordig en sy beeld te reflekteer

  • Om ‘n godvresende nageslag agter te laat

Hierdie maand begin ons deur hierdie handleiding van God werk, en gaan ons leer wat die Here se ontwerp vir die huwelik is. Waaruit bestaan die huwelik soos Hy dit beplan het, en hoe pas al die dinge bymekaar. Wat sê die Woord van God oor hoe ons, en ons huwelik, moet funksioneer?


Ons gaan hierdie heilige ontwerp benader soos ‘n resep. Want daar is net ‘n paar elemente waaruit ‘n huwelik bestaan. Elke element word duidelik gespesifiseer in die Woord, en ook hoe dit bymekaar gebring en gebruik moet word.


Ek het so lank oor hierdie resep gedink en vir God se leiding gevra, Sy Woord bestudeer en navorsing gedoen oor die interpretasie van teoloë en geleerdes oor wat die Skrif vir ons sê van die huweliksontwerp. Ek wou dit in ‘n japtrap sommer in een artikel kan saamvat en sê: “Daarsy mense, dis hoe dit gedoen moet word.”

Maar die Here het my vinnig tot die besef laat kom dat – alhoewel die ontwerp eenvoudig is – is dit Sy ontwerp. Dit is heilig, delikaat en moet benader word met absolute eer en respek.

Oor die volgende paar maande sal ons elke bestanddeel op sy eie bekyk, en waarlik probeer verstaan hoe elkeen in mekaar pas. Watter metode gebruik moet word om elke element te inkorporeer in die resep, en watter impak elkeen het op die eindproduk.



13 views
Kontak ons:

Bel ons gerus: 012 804 3577

Of stuur ons 'n epos by: silvertonkruin@absamail.co.za

Kantoorure:

Maandae - Vrydae:     09:00-13:00

Publieke vakansiedae: Gesluit

Bankbesonderhede:

N.G. Silvertonkruin

ABSA - 632005

Tjek rekening: 70580888

  • Facebook - Black Circle
  • Instagram - Black Circle