Search
  • Izienne Grib

God se blueprint vir jou huwelik

Updated: Jun 9, 2019




Genesis 2:18


“Verder het die Here God gesê: ‘Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.’ “




God het ‘n plan.

Dit is nie altyd ‘n plan wat ons verstaan nie. Hoekom moet daar soveel seer wees? Hoekom is daar soveel lyding? Hoekom word dit toegelaat dat smart ons tref? Waarom kry ek soms ‘n eindelose string struikelblokke op my pad; die volgende een soveel groter as die vorige een?

Sal ons ooit verstaan? In die fliek “A Case for Christ” word die analogie gebruik dat die lewe een massiewe tapisserie is waarvan ons aan die agterkant sit. Aan ons kant lyk dit soos ‘n groot gemors. Maar eendag sal ons die voorreg hê om die voorkant te sien, en sal God se meesterstuk ons asems wegslaan.



God het ‘n plan.

Ja, ons verstaan dit nie so maklik nie. Die mens wonder gereeld oor die ‘slegte’ dinge wat gebeur in ons wêreld en met ons. Is dit die werk van die duiwel? Of is dit God wat ingryp? Of is dit maar net die gevolge van ons eie keuses?

Sekerlik speel laasgenoemde ‘n groot rol in ons pyn en lyding. Hoekom sê ek so?


Want God het ‘n plan.

En daar is sekere elemente van hierdie plan wat die Here wel vir ons duidelik uitspel. Hy hou ons nie in die duister met alles nie. Daar is soveel wat Hy met ons deel en vir ons verduidelik. Die Woord van God is vol riglyne en How To’s en To Do’s en Not to Do’s. En die mate van vrede en geluk wat ons in ons lewe ervaar is direk gekoppel aan ons gehoorsaamheid tot hierdie handleiding wat die Vader vir ons gegee het.


En God het ‘n plan…met jou huwelik ook.

Is dit vandag nog moontlik vir ‘n huwelik om nie op ‘n skeisaak uit te loop nie? Is dit in vandag se tyd nog moontlik om ‘n gelukkige huwelik te hê? Vir seker!!!

Dit is nie net moontlik nie, maar dit is wat God vir ons beplan het. Jou Vader wat jou gemaak het, wat jou gevorm het en jou op jou naam geroep het, het geweet dat jou lewe vol stampe en stote gaan wees. Hy het geweet dat jy gaan val en Hy het geweet dat jy gaan seerkry. Hy het geweet dat jou lewe vol storms gaan wees. Daarom het Hy vooruit beplan en vir jou die tools gegee om te midde van al hierdie pyn en lyding, steeds vrede en kalmte en geluk te ervaar.


Die Heilige Gees bring die vrede en kalmte terwyl jy in die storm is – al wat jy moet doen is om geanker te bly in Hom.

Jesus Christus red jou wanneer jy val en foute maak, en Hy genees die seer – al wat jy moet doen is om Hom aan te neem as jou persoonlike Verlosser; elke oomblik van elke dag.

Die Woord van God lei jou deur die stampe en stote – al wat jy moet doen is die riglyne volg wat vir jou gegee word.


So, weet ons wat is God se plan vir die huwelik?

‘n Honderd maal JA! God se Woord gee vir ons die raamwerk, die ontwerp, die blueprint van die huwelik. Dit vertel ons hoekom God die huwelik geskep het en gee vir ons ‘n skatkis van beginsels wat ons toerus om ‘n huwelik te bou wat God verheerlik, en eindelose blydskap vir ons bring.


Ons het die laaste paar maande gefokus op ‘n gesonde fondasie vir ons huwelik:

God moet deel vorm van jou huwelik

Bid – vir jouself, vir jou man of vrou, en bid saam

Die volgende paar maande gaan ons kyk na God se huweliksontwerp deur sy Woord te bestudeer. Ons gaan ondersoek instel in die rol van die man, die rol van die vrou, en wat is die rol wat God speel in ons lewe saam.


Julie se uitgawe begin ons reis van hierdie ontdekking. Intussen, vra ek dat ons almal hierdie maand sal bid en vra dat die Heilige Gees ons lei en God se waarheid aan ons ontbloot sodat ons huwelike kan bou wat na aan sy hart lê.


5 views
Kontak ons:

Bel ons gerus: 012 804 3577

Of stuur ons 'n epos by: silvertonkruin@absamail.co.za

Kantoorure:

Maandae - Vrydae:     09:00-13:00

Publieke vakansiedae: Gesluit

Bankbesonderhede:

N.G. Silvertonkruin

ABSA - 632005

Tjek rekening: 70580888

  • Facebook - Black Circle
  • Instagram - Black Circle