Getui-o-gram

Die stories van

Oom Seun en Tannie Hillie

Oom Seun vertel:” My vrou het gewerk by die onderwys department waar sy vraestelle gekopieër het. Sy het die spesifieke dag met my gesels maar vir my genoem dat sy sal later met my gesels. Toe sy die telefoon neersit het sy iewe skielik ‘n verskriklike slag in haar brein gevoel, ‘n pyn wat sy vir niemand kan beskryf nie. Sy het nog een oomblik gesit en die volgende moment op die grond gelê. Hulle het haar Andrew Mecolin Hospitaal toe geneem en hulle het genoem sy het spanning.

Hulle het haar oorgeplaas na Eugene Marais, die ou HF Verwoerd en daar het hulle ‘n scan gedoen om vas te stel wat gebeur het. Die dokter het my geroep en vir my gewys hoe pomp ‘n aar bloed in haar kop in. In die tyd was sy nie heeltyd wakker nie, sy was met tye nie by nie en dan met ander tye weer wakker. Terwyl ek die vorms ingevul het vir die dokter om my vrou op te neem, het ‘n Vrou daar naby my het vir my genoem ek moet met Johan Marx gesels, hy is die beste dokter, die dokter het toe op daardie stadium verby ons geloop. Ek het gehardloop na hom toe, maar hy was reeds weg. Ek het na die 2de of 3de vloer gegaan na Hilie en toe ek in die saal ingaan toe staan dr Johan Marx langs haar bed.

Hy het genoem dat sy geopereer gaan word die volgende oggend 7uur. Die oggend van die operasie het die dokter genoem dat ek moet haar kom groet, daar is ‘n 3% kans dat sy sal lewend uit die operasie kom. Die operasie was 5ure lank. Na die operasie het die dokter uitgekom en genoem alles het goedgegaan maar dat sy ‘n bietjie verlam sou wees aan haar linkerkant. Ek en my skoonpa het toe met haar gesels toe sy wakker word, maar haar linker arm was onder die laken.  Ons kon nie sien hoe erg dit was nie, maar toe ons met haar begin gesels, toe haal sy haar linkerkant se hand uit en krag haar kop.

Die dokter het verstom gestaan in die deur en sy woorde was:”Wonderwerk kan ook gebeur!” Vandag is my vrou nog met ons en al wat sy gebrek aan het na hierdie verskriklike ervaring is dat sy net nie kan ruik nie. Prys die Here, Wonderwerke gebeur definitief nog elke dag”

Prys die Here, Wonderwerke gebeur definitief nog elke dag

Tannie Hilie word siek.

So siek dat een van die gemeentelede Neeltjie haar solank hospitaal toe neem. By Pretoria Oos hospitaal vra hulle R50 000 sodat ons haar onmiddelik kan help. Ds van Wyk Fischer loop op daardie oomblik verby ons en sit by haar. Hy sien dat hierdie vrou baie siek is en hy noem dat ons onmiddelik Steve Biko toe moet gaan. Sy het 3dae in ‘n stoel gesit want daar was nie beddens nie, en daarna het sy ‘n bed gekry. 03h00 een oggend skakel Neeltjie my om te sê dat Hilie is oorgeskakel na die gewone saal. Ons besluit toe om haar te ontslaan want die dokters weet nie regtig wat is fout nie, maar ons vermoed dit was dubbele longontsteking. Hulle het in die hospitaal haar skildklier pille nagelaat om vir haar te gee en so het sy net sieker en sieker geword. Ons het haar toe na oom Oom Jan geneem in Silverton waar hy vir haar kruie mengsels gegee het. Hy het verneem van die skildklier pille wat sy nie meer kry nie en daarop aangedring dat sy onmiddelik teruggaan op die medikasie. Vandag, hier sit my vrou, perdfris en gesond. Ons moet Bid, glo en vertrou. Die Here het ‘n plan en doel met elkeen van ons.

Sun City se toer

Bles Bridges tree op in Sun City, met die boks het ons 6kaartjies gekry om te gaan. Ons was drie paartjies wat gegaan het en ons mans het voor in die bakkie gesit en die vrouens agter in die bakkie. Toe ons uit die vertoning gekom het en huis toe begin ry het, het daar heeltyd ‘n motor langs ons gery en dan agter ons , langs ons en dan agter ons. Die volgende moment toe skree ek net “BEESTE!!” Voor in die pad staan die klomp beeste verblind deur die motors se hoofligte. Een bees is oor ons voertuig, waar ‘n tweede bees deur ons voorruit gekom het. Die bees het my in my gesig aan die regterkant geskop en alles was onmiddelik vol bloed. Hilie het haar bril verloor en seer gekry, haar nekwerwels seer gemaak en haar borsbeen gekraak. Daar het ‘n man gekom, gekyk na my en gevra “Is jy okay?” Tannie Hilie vertel:”Seun was dood, ek het so groot geskrik en het op sy bors geslaan en hy het weer begin asem haal.” Daar het ‘n man met ‘n Mercedus gekom en Seun Rustenburg toe gery, van voor het ‘n ambulans gekom, ons het dit gestop en hulle het seun in die ambulans Rustenburg toe geneem. Ek het 70steke van my neus tot my ken tot my voorkop gehad. Bene in my gesig was gebreuk maar vandag kan ek getuig. Die Here het ‘n plan met elkeen van ons lewens. Ons moet net bid, glo en vertrou.

Die Here het ‘n plan met elkeen van ons lewens. Ons moet net bid, glo en vertrou.

Kontak ons:

Bel ons gerus: 012 804 3577

Of stuur ons 'n epos by: silvertonkruin@absamail.co.za

‚Äč

Kantoorure:

Maandae - Vrydae:     09:00-13:00

Publieke vakansiedae: Gesluit

Bankbesonderhede:

N.G. Silvertonkruin

ABSA - 632005

Tjek rekening: 70580888

  • Facebook - Black Circle
  • Instagram - Black Circle